Dit was ‘n moeilike naweek. Die baas was weg vir die hele naweek en ek was die baas. Maar toe gebeur daar dinge wat buite my beheer was. Tannie Daisy het die emmer geskop. Ja. Onderstebo geskop en toe lê sy daarlangsaan. Heeltemal onherroepelik dood. Whoea! Wat gaan ek nou vir die baas vertel as hy terugkom hoekom het tannie Daisy daai ding gedoen sonder om kennis te gee? Eindelik, hier kom die baas terug.
“Hi Frommels, Hi Freckels, hi Mapstieks. En waar is Daisy???”
“Ja baas, sien baas, dis Daisy se gewoonte die, sy skop die emmer en staan toe nie weer op nie. Gewoonlik staan sy op nadat sy die emmer geskop het, maar hierdie keer toe nie.”
Die baas het net so’n kyk gegee vir Daisy en haar geverban na die perde begrafplaas toe. Daarvandaan het nog nooit weer ‘n dooie perd lewendig teruggekeer nie. En Daisy lyk my is net so dood. Dan kan sy nou maar saam met die perde in die hondehemel baljaar. Daar moet nog ‘n kat ook wees wat hier op die plaas heengegaan het. Ja, so sê hulle, hy het heengegaan. Ek gaan ook baiekeer heen, maar kom weer terug, so ek weet nie wat hulle daarmee bedoel nie.
Nou sit hy hier langs die baas se bed en kyk stip vir daai hond in die kas reg teenoor hom. Hy sit doodstil en roer nie net soos die ander een daar oorkant. Toe sê die baas: Whah! Toe skrik altwee van hulle. Grrrr, dis maar stupid die.
Maar wat ja, die lewe is tog lekker! MAPSTIEKS!