Dis alles Tombi se skuld. Sy het vir ons gesê dat ons moet saamloop vir ‘n vroeë oggend wandeling. En sy loop en loop en kry geen einde nie. Ons sien net grasse en goeters hier by ons verbygaan soos wat ons koppe maar laag op die grond is, maar sy kyk die hele wêreld rond terwyl sy so hardloop. En dis ook nie te lank nie, toe is ons daar by die anderkant van die wêreld waar daar sulke vriendelike voëls besig is met hul daaglikse dinge. Ons vra toe mooi of hulle saam met ons sal wegkruipertjie speel en hulle stem in. Iewers het hulle die ding nie mooi verstaan nie want hulle het nie stil gestaan as hulle wegkruip nie, maar hardloop nog rond. Toe het tannie Tombi iets in hulle oor gefluister en toe gaan lê daar so twee of drie van hulle plat op die grond. Ek weet nie of sy met die fluisterding dalk die helfte van hul koppe in haar mond gehad het nie, maar hulle wou nie verder speel nie.
Toe kom daar twee mans wat ons roep na hulle huise toe. Toffie en ek het onmiddellik gehoorsaam gaan luister wat hulle sê maar tannie Tombi het spore gemaak. Toe is die gort gaar. Hulle het ons toegesluit en belet om weer huistoe te gaan en met die ander voeëls mag ons ook nie meer speel nie. Uiteindelik het die baas gekom en ons kom haal daarso. Maar hy moes betaal vir die voels wat nie meer wou saamspeel nie. Ek reken nie dis reg nie.
Maar toe gaan ons stap aan die ander kant van die pad. En daar kry ons wrintiewaar ‘n bal in die veld. Een van die sokkermanne moes dit daar vergeet het. Dan was hulle so wrintiewaar hier gewees. Daai van die vuvuzela’s se mense. Het jy geweet jy kry nou van die goedjies wat jy in jou flapore kan druk as hulle die vuvuzela ding doen? Nie? Hulle noem dit die “tulazela”
By aankope van 1 vuvuzela, kry 2 tulazela’s gratis. Dis nou goeie diens!
Gou gou klaar en weer voor die son. Maar nou hoor die baas skielik wat daar gebeur het. Daardie stokdoofgeit het nou skielik gewyk. Hy trek ‘n vies gesig asof hy wil iets doen. Dan loer hy versigtig aan die anderkant van die tafel waar ek in my blote onskuld gewerk het. En dis toe hy die resultaat van my harde poging daar sien, dat hy amper ontplof. Ek vra nog vir die baas: “Het jy vandag al jou pille gesluk?” maar dit help niks nie. Dis ene verwerping en minagting van my persoon as gevolg van die werking van die natuur. Hy wil seker beweer dat hy nooit sulke probleme kry nie. Maar ek onthou nog goed van die vark in die veld agter die bossies. Nou ja, die kort en lank van die storie is dat die baas daar opgetel het en dit uitgevat het. Toe kom alles weer terug na normaal. Dit was nou my eerste dag op kantoor. Bomsnuffelhond en rekenaarklerk. Die werk is hard en moeilik, die kos is tog nie te sleg nie en my baas? Ek like hom tog wel ‘n bietjie hoor, al kan hy so brom met my.
Die lewe is tog lekker
MAPSTIEKS!