Dis een van die besondere dae in die lewe dat ‘n hond nou regtig ‘n gelukkie kan tref. Mense dink wel anders daar oor maar ons honde het ons eie spesialiteite. Die mense eet mos ook die dooie dinge. Soos dooie skaap, dooie hoender, dooie koei en dies meer. Die mense maak dit eers warm. Gaar noem hulle dit. Nou ons honde het nie altyd die vuur om die dooie vleis gaar te maak nie. Maar as dit son dit warm gemaak het, dan is dit ook lekker ryp. En soos dit braaivleis kan jy dit ook van ver af ruik. Die braaivleis ruik soos die verbrande vleis. Die veld se vleis ruik net so maar dan nie verbrand nie.
Nou ja. Tannie Tombie het soiets hier in die veld raakgeloop. Wat dit presies was wil ek nou nie sê nie, netnou kom soek jy dit ook hierso en ons vind dit nie elke dag nie. In alle geval, die dooie ding ruik lekker gaar vir my en my hare op my rug staan sommer regop toe ek dit sien. Nou moet ek eers daardeur gaan rol en sulke dinge doen. Die baas ook, as hy by die vuur gestaan het om vleis te braai, dan ruik hy ook ene braaivleis. So, as ek my lekker stuk veldvleis kry, dan mag ek seker tog ook maar so ruik?
Toe nie. Heeltemal verkeerd gedink. Ek kom groet nog hier so ewe die baas in die kombuis terwyl hy besig is om sy koffie te drink. Ek was seker nog so tien hondetreë van hom af weg, toe trek hy my daar ‘n gesig van dit lyk hy wil steil agteroor slaan. Sy oë rek allemintig groot en hy sit sy koppie koffie so vinnig neer dat die helfte daarvan op die tafel uitmors. Ai, die baas tog. Toe gryp hy met sy hand voor sy neus en mond en mompel: “Muit Mapstieks, Muit mjy mstink mnmnm.”
Toe moet ek maar alleen op die plaas bly met Tombi en Worsie en Daisy en Grapstieks en Engel en Woefstieks en Grommel en Rommel en die buurman se brak.
Heeltemal alleen om te kyk dat al hierdie honde nie kwaad doen nie en tevrede bly.
Nou die groter honde is nie so moeilik nie. Jy bly net uit hulle pad uit dat hulle jou nie sien nie anders steek hulle jou in een of ander onnutsige werk soos die bome gaan water gee of so iets.
Maar daardie jongspan. Die goet is al groter en vetter as wat ek is en skreeulelik. Net Tombi kan hulle liefhê. Hulle soek haar heeldag en wil aan haar melkbottels suie maar sy wil nie meer want sy reken die goeters het tanne en hulle suie met hulle tanne en dis nie gaaf nie.
Jy sien wat se groot bek het hierdie Grapstieks. Hy sal my heeltemal insluk sonder om iets daarvan te dink. Hulle stap ook nie uit hulle hok uit nie, hulle val daar uit. So vroeg in die more weet hulle nie waar hulle pote is nie. Dan rol hulle sommer uit die hok uit.
Dit was nou my werk gewees die dag om te sorg dat die kabouters nou rustig bly en hulle kos eet en so meer. Ek het die hele dag geen oog toegemaak nie. Net as die jongspan rustig raak en ek net so ‘n dutjie wil vang, dan is die anner honde weer op my. “Mapstieks, kom hier, ek soek die helfte van my melkbottels. Is hulle nog daar? Tel bietjie, die kleinspan is groot genoeg om hulle stukkend te byt. Hulle kan hulle wegdra ook.
En so het die die hele dag gegaan. maar vandag mag ek tog met die baas ‘n lift vang. Maar die baas se kop raas. Toe ek inklim klim hy uit en hy gaan haal so ‘n klein blikkie ding. Nou lê ek daar niksvermoedend en wag vir hom en hier pssst hy my nou in my nek daar waar ek lê, met daai stinkgoed wat hy altyd onder sy arms spuit.
Goeie griet. Hier ruik ek nou nes die baas. As die mense my nie sien aankom om die draai nie, dan sal hulle dink dis die baas wat daar aankom! Wat ‘n vergissing. Dat mag nooit weer gebeur nie.
Gaan weg baas, gaan weg. Kom nie weer naby my met daai spuitding nie!
Maar nou ja, so kry ek tog weer my lift werk toe. Dan kan ek daar lekker lê en slaap. Geen anner honne wat my pla nie.
Die lewe is tog lekker. MAPSTIEKS!