Ghello
Al gehoor hoe die baas snork?
Dit gaan baie woes. Ek lê hier in die kombuis en mind my eie business, en toe hoor ek hierdie geluid. Gedink die miesies se bakkie staan daar buite en idle. Ek staan so ewe op en gaan loer daar buitoekant wat daar aangaan, maar nee, die bakkie staan doodstil daarso en rook ook nie agter by sy pamsostpyp nie. Gewoonlik staan die ding en rook soos baas Hannes. Die blou dampe staan hier agter op sy pamsostpyp, nie baas Hannes s’n nie, die bakkie s’n.
Maar nou sluip ek weer versigtig in die huis in. Iewers het die baas ‘n bakkie binne in die huis ingesmokkel sonder dat ek dit agtergekom het. Ek loop so op die punte van my tone soos suster kat, na die plek waar ek die geluid hoor. Grrrrrr pfffffff grrrrr pfffff. Wragtig, hier in sitkamer kom die geluid vandaan. Maar al wat ek sien is die baas met sy bril bo op sy kop en dan suie hy sy wange so hol soos Frommels grrrrrrr en dan blaas hy weer sy gesig so bol soos die volmaan op ‘n somersaand: Pffffff. Grrrrr BAgHEePFBAGAGA. O vrek, wat is dat nou? Dit klink die baas verstik in sy eie kleintongetjie wat hier agter in sy keelgat wil afgly. Ek kruip gou agter die stoel weg. Netnou kom hy by en dan dink hy dis ek. Nee wat, sy bril het bietjie agtertoe geskuif en die baas gaan weer vrolik verder. Hy is bietjie uit ritme uit nou. PFfff grrrrrrr pf pf pf . Hy hakkel soos die kat van laas week.
Nee, tune die baas, ek en Frommels kan hom in die oggende dorp toe trek, al die pad 10 km opdraende, dan sal hy ons ‘n lift gee in die aande as ons huistoe gaan al die pad afdraende. 10 Kilometer. Iewers lui daar ‘n klokkie dat dit nie fair is nie. Sê nou net die baas verloor koers hier volspoed op die afdraende daar onder in die spruit? Wie gaan ons dan daar uit trek?
Maar nou ja, die lewe is tog lekker!
MAPSTIEKS!