Nous ek weer pure perd. Of eintlik pure hond. Mense kan dinge darem baie snaaks uitdruk hoor. Daai pure perd ding is van geen waarde nie. Hulle moet bietjie kom kyk hoe lyk die pure perd. Nou die afgelope paar dae was dit onfatsoenlik koud gewees. Ek loop en bibber hier buite om bietjie warmer te word, die witgoed lê oorals op die grond en maak jou voete nog kouer. As jy nie oppas dan gly jou voete al vier windrigtings toe sonder dat jy ‘n spuit gekry het by die veearts. Ek het menige keer op my pens beland en dit was nie lekker nie. Maar die perd? Pure perd? Staan en grinnik en lag in die sneeu. Sy kop raas nie net nie, dit kap aan. En dan sê die mense: Ek voel nou pure perd! O en kyk net die pure perd as hy gaan rol. Dis heeltemal belaglik. Agge nee tog ou perdjie, lyk my jy kap wind met die pote van jou so in die lug. As my onderkant so gelyk het soos joune, dan het ek dit nooit vir die wêreld gewys nie. En as broer horse nie lus is vir die dag se oefen nie, want hy voel nou pure perd, dan lyk hy so: As ek so lyk, soos die pure perd, dan vat die baas my onmiddelik weer na die veearts toe vir ‘n groooot inspuiting om my weer op level te kry. Ja ja ja. Ek voel nou pure perd sê die mense. Maar kyk nou net dié een: SIT Serengeti, SIT
Maar wat ja, die lewe is tog lekker!
MAPSTIEKS!