Goeiste en dis toe Wat sy besluit sy slaap oor daar annerkant die wêreld. En ek word die volgende oggend wakker van die son wat van die verkeerde kant im my holletjie in skyn. Nie die agterkant vy my lyf nie stupid, in die holletjie wat ek vir my gegrou het om te lê en slaap. Ja, het jy nog nooit gesien ons honde draai eers so driemaal in die rondte voordat ons gaan lê nie? Dis deel van ons oergestink of instink of wat ook al wat sê jy moet eers seker maak dat jy nie in die dorings gaan lê nie en dat jy bietjie onder die wind gaan lê. Nou verstaan ek daai doring ding glad nie, want as ek driemaal op die selfde plek in die rondte gedraai het, dan is my voete al klaar voldorings. Wat help dit nou. Of jy nou in die dorings gaan lê wat jy op jou lyf weer saam kan dra, of dat jy die dorings onner in jou voete kry, dan is dit vir my beter as dit in my lyf steek.
O ja, ek sien toe dat die son van die verkeerde kant af in my holletjie skyn en ek voel ‘n leegte hier in my binneste. Daar is net een manier om dit op te los en dit is ‘n goeie hap kos. So, ek sit koers agter my eie skaduwee aan met die son in my rug en baie hondetreë later skuif ek daar by die hek van die plaas in. Lekker, gou my maag vol kos gedruk en weer gaan soek vir tannie Tombi. Dis baie vermoeiend. Ek sien niks nie en klim toe eers op ‘n hogere berg om goed rond my te verspied.
Eindelik sien ek die tannie Tombi weer doer annerkant en ek is maar maar weer geduldig agter haar aan om te kyk of ek iets vir haar kan doen.
Die oom Valentyn het homself toe nooit aan die afspraak gehou nie en dit was net die buurman se werkershond wat aan ‘n kettang vasgemaak was wat nou so onbedaarlik gesoebbat het vir tannie Tombi se aandag. Ek beduie toe baie gou dat ‘n Oom wat aan ‘n kettang staan nie regtig kan onderhoud verdien vir 12 kinders nie. Maar die broer se intelligensie of instink was nie baie hoger as die van sy baas soos myne nie. My intelligensie is baie hoër as my baas s’n. Jy moet sien hoe die arme man moet werk vir sy kos. Ek nie, ek slaap die helfte van die dag en die helfte van die nag loop ek rond en kuier by enige mooi dollie. Die arme baas van my val in die aand doodmoeg in die bed en more oggend kom staan hy op met ‘n gesig asof dit uit die wasmasjien kom. Gekreukel en deurmekaar soos vrugteslaai.
Jy kan sommer op sy aangelaat sien hy is glad nie bright nie. Meer dim as bright.
O, en toe tannie Tombi terugkom, toe besluit die miesies sy wil nie weer help om die babatjies groot te maak nie. Hulle mors te veel en poefies en sulke dinge. Dis nie regverdig nie. Ons hondjies poefie maar net 6 weke en die mense se babatjies moet jy vir twee jaar se boudjies afvee en skoonmaak en kos invoer en bad en kwyl uit sy bekkie vee en al die dinge. En sy het die hondjies amper vir ‘n miljoen verkoop. Soveel het sy nog nie vir een van haar eie babatjies gekry nie.
Maar ja, die lewe is tog lekker!
MAPSTIEKS!