Laat ek maar eers groet. Hierdie honde wat mens nie groet nie, hulle kom snuffel eers hier onder my stert voordat hulle hallo sê. Ek weet nie in wat is hulle geinteresseerd nie. As hulle wil weet wat ek gister ge-eet het dan kan hulle my net vra maar hoef nie hier agter te kom snuffel nie. Ek reken dis uiters onbeskof.
Verder het ek en Freckels aan ‘n patent gewerk. Sy wou mos gehad het ek moet haar kleintjies vir die naweek oppas. Sy wil gaan kuier by familie. Maar goed, ek sê toe dis fyn maar as die lot kabouters besluit hulle is nou dors en hulle kom snoffel hier aan my onderkant daar waar Freckels se spene sit, dan sal hulle agterkom daar is geen spene nie. En nou is ek bang dat hulle enigiets wat daar onder is met hul suigapparatus sal bykom en suie tot en tot. Hulle hou nie op suie totdat hulle ‘n halwe liter in het nie.
Suster Freckels het heel begrip vir my situasie gehad en toe begin ons dink. Nou gedagtes kom by ons honde baie stadig, maar hier teen die eind van die dag toe kry ek mos dié idee van die jaar. Ons kan mos nou melk in ‘n 2 liter bottel sit en dan dummies aan die bottel vasplak en gaatjies daar in maak. Dan is die saak reg. Dit het iets gekos om vir die baas te beduie wat ons wou hê.
Baas baas, bottle!!!
Wat soek jy nou klein twak.
Ek spring op en af by die rak waar die bottels staan en eindelik kry hy daar ‘n bottel.
Baas baas speentjies!!!
En nou?? Vra die baas verbaas toe ek hier voor die kassie staan waar laas keer se minidummies gebere is. Na ‘n ruk toe kry ek dit aan die baas se verstand dat ek die goedjies soek.
Baas baas, maak vas!!!!
Ek wys na die bottel, die speentjies en Freckels se melkfabriek wat hier onder haar hang. Die baas frons woes en skielik kom die ligte by hom aan. Hy maak daai breë smile ding en hy sê: OOOOoooeee. Soo! En toe is hy daar aan die gang met bore en messe en alles en glue en alles. En nie veel later toe is die melk kontrêpsie klaar. Dit was nou baie oulik, die kleintjies kan suip wanneer hulle wil as hulle nie eet nie en suster Freckels kan gaan kuier by haar tannie of waarever ook.
O en verder verkoop ek die brakkies.
Dis ‘n baie spesiale prys. Die helfte is al weg en die wat nog wil hê kan my skakel by 082 326 3331. Spesiale aanbod: Was R2400, gaan nou halfprys vir R1200. Eerste kom, eerste haal!
Maar nou ja, die lewe is tog lekker!
MAPSTIEKS!