Ja wat, dis weer Frommels en sy nuwe huis. Die baas het gekla die Frommels se huis is nie groot genoeg vir hom en Frommels nie. As die miesies regtig kwaad word dan moet die baas buite by Frommels slaap. Die baas reken dis regverdig, maar dan moet Frommels ook ‘n ordentlike huis hê. Dis toe wat die miesies die huis vir Frommels en Tombi koop. Sy het die huis daar agter op die stoepetjie staangemaak en vir Frommels beduie om daar in te gaan. Maar wil jy nou dink dat die honde daar wil ingaan? Not a heck. Hulle het hom so gesnoffel en genotch maar geen beweging gemaak om daar in te gaan nie. Die miesies het vir hulle kossies daar in gegooi om te kyk of hulle agter die kos wil aangaan, maar hulle het die kos net so gelos en hul neuse opgetrek. Die huis lyk te weir. Reg in die rondte, geen hoeke nie. Hoe moet jy nou so gaan slaap? Jy sal nie weet in watter hoek jy wakker word nie want daar is geen hoeke nie. Ek het die kossies lekker daar opgeeet en hulle maar gelos. Dit het so drie dae aangegaan, maar toe sak daar ‘n ordentlike bui reen uit. Toe weet hulle skielik waar dit warm en droog is hoor! In hulle nuwe huis, al twee van hulle en jy kry hulle met geen stok daar uit voordat die son in die hok in skyn nie. Lekker warm so. Jy sien, dis heel gaaf daarbinne. Die huis kort net ‘n deur en ‘n venster dan kan die baas daar woon. Nou moet hy maar mooi vir Frommels vra of hy mag inkom as die miesies nou regtig baie kwaad is. Maar ek dink nie die miesies sal so kwaad word nie, veral nie in die winter nie, want dan hou hulle mekaar warm.
Maar nou ja, die lewe is tog lekker!
MAPSTIEKS!