Dis nou ‘n ander blaf die. Hoekom sê jy? Dis omdat ek n ou die lewe ontdek het van die ander kant af. Jy weet, die kant van wat die groot honde altyd sê: “Wag tot jy groot is, dan sal jy weet.”
Nou het ek gewag en gewag en ek eet en eet, maar die afgelope tyd merk ek nie dat ek groter word nie. Die ander klein hondjies ja, die lotte van tannie Tombie, die goed eet iets wat ek nie kry nie. Hulle groei en groei al by my verby. Dis glad nie regverdig nie. Ek probeer om hulle by die kosbak te verwilder maar hulle is so doof soos die perde. Hoor niks meer as ek met hulle praat nie. Die ore is te lank en hang net oor die gaatjies wat hulle mee moet hoor. Hulle kyk nie eers vir my nie. Ek het al moed opgegee.
Oei Oei Oie, is sy mooi! Jy sal dit nie glo nie, maar die son skyn uit haar oë uit en sy ruik tog sooo lekker. O, en dan moet jy sien hoe sy haar hare kam. Eks seker dit neem haar ure om al die klein haartjies in duisende krulle te draai. Ek sien party miesiese loop so met die krullers rond as jy hulle te vroeg vang in die oggend. Maar nie my miesies nie. Sy krul nie haar hare nie. Dan lyk sy soos Jan van Riebeek as sy dit doen sê sy vir die baas. Noou moet die baas maar lief wees vir die miesies net so met die hare.
Maar hierdie Zenobia het regtig al haar hare so gedraai.
En verder het sy ook al haar hare gedye. Silwer. Die mooiste silwer wat die klein meisie is. Dit lyk soos die maan in die nag. Te fraai vir woorde. En verder het sy alle maniere. Sy kan op haar agterpote staan wat ek ook kan doen, maar ek doen dit nie altyd nie. Mense sal dink ek is snaaks maar aan haar lyk dit goed. En verder kan sy spring en sing en elke ding. Jy moet haar net vra en sy doen dit. Jammer dat die dingetjie in Hendrina bly. Ek was al daar gewees saam met die baas, maar dis te ver om te loop. Ek mag dalk langs die pad verdwaal.
Daai selfde tyd wat die baas vir my en Frommels kyk, is sy nou besig om hier tussen die baas se bene deur te kruip. Hy wil nog die fodies maak, maar sy is al oor en onder hom deur. Lastig is nie die woord nie. En op die ou einde sou sy nog die kamera gehap het as haar mond groot genoeg kon oopmaak. Klein karnallie. Kyk nou net hoe trek sy daai gevreet van haar. Dit lyk kompleet soos ‘n Mercedes se badge op sy sykant. Ja, dis waar ek haar kry om te oefen. Voor die baas se ou Mercedes. Dan trek sy haar snoet net so op ‘n plooi totdat hy die badge vorm duidelik afteken. Dan dink sy sy is baie duur en belangrik. Mpf, sal wat wees, die baas ry tog nie met die ou kar nie. Ek dink hy sal haar net so maklik versmous as die ou merc.
Die lewe is tog lekker.
MAPSTIEKS!