Die hondeskool het weer begin. En die baas het die klein Great Dane soontoe gestuur. Nou die idee van die baas is nogal baie slim. Ou Basjan leer nou om die laptop te slaan. Die ding roep hulle Apple. Nou moet Basjan eers die kompertaal leer. Dis so’n halwe kombuis engels wat hulle daar praat. Gelukkig met Google translator kan alles in Danes vertaal word. In alle geval, daai baas skryf vir basjan: Wil ons ‘n draai stap? STUUR Basjan skryf: Waai stert Klink Gaaf. “Gaan.” Die baas skryf: OK, kom gou terug met die leiband “STUUR”
Sien, dis maklik. Ek het so oor Basjan se skouer geloer wat hy doen en dis maklik. Maar die manne se spelling! ROF.
Maar Basjan wil nie vir my sy laptop leen nie. Toe maak ek vir my sommer self een. So een met die appeltjie bo op die deksel, kyk maar dit lyk nes die regte en ten minste is dit ‘n regte appel!
MAPSTIEKS!