Dis koud, dis baie koud, is dit nou nodig? Wie het die ysbere van die Noordpool uitgenooi om hier te kom tent opslaan en hul klimaat saam te bring hiernatoe? En moenie nou dink dat die baas vir ons vuur maak om warm te word nie. Die baas het vir Frommels iewers ‘n sjaal gekry. Ek dink dis uit die langbeen meissiekind van hom se motor. Sy het haar ou moter verkoop en die ding daarin gelos. Nes die mense is. Gebruik die ding as dit koud is, en as dit dan warmer word gooi dit af, agtertoe op die sitplek en vergeet daarvan. Nou het Frommels hom. Maar ek weet nie vir hoe lank nie. As die langbeen kind hiernatoe kom en sy sien dit, dan konfiskeer sy dit onmiddellik.
Maar nou ja, die lewe is tog lekker!
MAPSTIEKS!